MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-polisiesone het vandag, 8 Maart afskeid geneem van kolonel Johnnie Stripp wat die afgelope paar jaar die koördineerder van visuele polisiëring was.
Stripp sit sy loopbaan in die SAPD op Oudtshoorn voort, waar hy vandeesweek as die hoof van visuele polisiëring by die Oudtshoorn-polisiestasie sal opneem.
Die Da Gamaskop-sonebevelvoerder, brigadier Phumzile Vincent Cetyana het Stripp geloof vir sy bestuursvernuf en toegewyde werk en hom sterkte toegewens met sy nuwe verpligtinge.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Klein Karoo nuus'