Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen die vier verdagtes in die moordsaak van Justin Booysen van Rosebank, Oudtshoorn, is Maandag in die Oudtshoorn-streekhof vir drie dae se verhoor tot April 2021 uitgestel.
Die staatsaanklaer, Hyron Goulding, het die hof meegedeel dat die staat gereed is om met die verhoor te begin.
Die vier verdagtes, Simphiwe Ndoni, Ephrahim 'Speekbout' Malgas, Lorenzo Malgas en Breyton Bruiners staan tereg op aanklagte van moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Die 30-jarige Justin Booysen is op Sondag 17 November 2019 in sy huis in Bella Rosa-singel, Rosebank, doodgeskiet.
Ndoni en Ephrahim, wat tans ook 'n vonnis van drie jaar vir dwelmhandel uitdien, bly in aanhouding terwyl Lorenzo en Bruiners se borgtog en borgtogvoorwaardes tot 21 April 2021 verleng is. Die saak dien voor streeklanddros Ntsoki Moni.
Lees vorige artikels:
- Rosebank-moordsaak weer uitgestel
- Booysen-skietsaak uitgestel
- Moordverdagte in hof aanranding betrokke
- Borgtog vir tweede verdagte
- Booysen-moordsaak uitgestel
- Een in Booysen-moordsaak kry borgtog
- Honderde by Justin se begrafnis
- Verdagtes in Justin Booysen-Moordsaak wil nie borg hê
- Borgtogaansoek uitgestel
- Vier verdagtes vas na moord
- Vierde verdagte vas na moord
- Moordsaak vir borgtog uitgestel
- Moordverdagtes Môre voor
- Jong man doodgeskiet
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'