OUDTSHOORN NUUS - Daar blyk verwarring te wees onder inwoners rakende die vlak 2-waterbeperkings.
Die Raubenheimerdam se vlak het gedaal tot 64.53% wat vlak 2-waterbeperkings onmiddelik in werking stel.
Inwoners wat in gelyke huisnommers woon mag op Maandae en Donderdag tussen 06:00 en 09:00 en 18:00 tot 21:00 tuine natmaak terwyl inwoners met ongelyke huisnommers mag op Dinsdae en Donderdae tuinnatmaak volgens die gegewe tye.
Daar word gehoop dat die beperkings om die pieknavraag en drukskommelings in die waterverspreidingstelsels te verminder, om die effektiwiteit van huishoudelike besproeiingstelsels te verbeter, asook om volhoubare watergebruik in die gebied te bewerkstellig.
Inwoners word gemaan om hul watergebruik na minder as 100L per persoon per dag te laat daal om sodoende die gebruik van munisipale water te verminder na 13.5L per dag.
Tuiniers word ook aangemoedig om nie nou enige nuwe plante te plant nie aangesien dit baie water vat.
Vlak 2-waterbeperkings behels die volgende:
Daaglikse watergebruik-teiken: 100 liter per persoon per dag
Privaat motorwas: slegs met emmer
Kommersiële motorwasserye: slegs met toestemming
Swembaddens: toegelaat, maar moet bedek wees
Fonteine: nie toegelaat nie
Tuinbesproeiing: Twee dae per week (maksimum 6 uur per dag)
Sportvelde: nie toegelaat nie
Plaveiselwas: nie toegelaat nie
Dakreiniging en konstruksiewerk: toestemming vereis.
Vlak 6-waterbeperkings
Dysselsdorp, De Rust, Blomnek en landelike gebiede is tans onder vlak 6-waterbeperkings. Dit beteken dat die gebiede tans in ’n krisis verkeer en word besproeiing, motorwas, natmaak van sportvelde, plaveiselwas en die volmaak van swembaddens nie toegelaat nie.
’n R1 000 boete is van toepassing vir die verbreking van enige van die bogenoemde regulasies.
Vorige berigte:
- Vlak 2-waterbeperkings in plek
- Damvlak daal met verdere 3%
- Damvlakke daal steeds
- Warm in Karoo, waterbronne geraak
- Waterkrisis in Kannaland
- Min reen voorspel watertekort in streek
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’