Breaking News
OUDTSHOORN NUUS - Die Raubenheimerdam se watervlak is vanoggend, Maandag 26 Januarie op 64,53% gemeet.
Die gemiddelde watergebruik oor die afgelope week was 19,7 megaliter per dag.
Johan Allers, burgemeester, Oudtshoorn-munisipaliteit het bevestig dat vlak 2-waterbeperkings vir Oudtshoorn met onmiddellike effek in werking tree. ”Vlak-2 word geaktiveer op ’n watermeting van 51% - 65%.”
- 100 liter per persoon per dag
- Privaat motorwas: slegs met emmer
- Kommersiële motorwasserye: slegs met toestemming
- Swembaddens: toegelaat, maar moet bedek wees
- Fonteine: nie toegelaat nie
- Tuinbesproeiing: Twee dae per week (maksimum 6 uur per dag)
- Sportvelde: nie toegelaat nie
- Plaveiselwas: nie toegelaat nie
- Dakreiniging en konstruksiewerk: toestemming vereis
Vorige berigte:
- Damvlak daal met verdere 3%
- Damvlakke daal steeds
- Warm in Karoo, waterbronne geraak
- Waterkrisis in Kannaland
- Min reen voorspel watertekort in streek
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’