OUDTSHOORN NUUS - Die werknemer van Badenhorst Slaghuis, Fritz Jacobs, wat Woensdag met die werk se geld en bakkie verdwyn het en sy vriendin Tammy Weyers (Martin) het vanoggend in die landdroshof op Oudtshoorn verskyn.
Hulle word van diefstal en die gebruik van 'n voertuig sonder die eienaar se toestemming aangekla. Hulle is Donderdagoggend in Knysna in hegtenis geneem.
Weyers en Jacobs het aangedui dat hulle werkloos is en om regshulp wil aansoek doen. Die saak is na 5 Oktober vir 'n borgprofiel uitgestel.
Beide bly in aanhouding tot dan.
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'