Update Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die eerste dag van die moordverhoor van Preston Titus het na die ter plaatse ondersoek tot 'n einde gekom.
Die staatsaanklaer, adv. Chris van de Vijver, het die verrigtinge begin deur die twee klagtes waarop die vier beskuldigdes, Magdalena Titus (Preston se vrou), Natasha Stuurman, Masithembe January en Justice Mooi, te reg staan aan die hof voor te lees.
Volgens die klagstaat, staan hulle tereg op 'n klag van moord en 'n klag van verberging om te verhoed dat verdagtes geïdentifiseer sou word.
Die beskuldigdes het deur monde van hul regsverteenwoordigers aangedui dat hulle al vier onskuldig pleit op die klagtes teen hulle en dat hulle op die stadium van hul swygreg gebruik gaan maak.
Daarna is die beskuldigdes saam met hul regsverteenwoordigers, die regter, NP Boqwana, die staatsaanklaer na die woning waar Preston se liggaam gekry is.
Die ondersoekbeampte, ao. Martin le Roux en Van de Vijver, het aan die regter verduidelik wat na bewering die nag van Preston se moord in die huis sou gebeur het.
Regter Boqwana het die saak na môreoggend 10:00 uitgestel waar hulle met getuies in die saak sal begin.
Kyk 'n video hieronder.
Lees vorige artikels:
- Weermagmoord: Saak begin amptelik
- Weermagmoord: Verdagtes vandag in hof
- Maggie titus se prokureur onttrek
- Voorverhoor in Titus-Moord uitgestel
- Weermagmoord na hooggeregshof
- Hooggeregshofdatums vir soldaat se moordverdagtes
- Weermagmoord: Saak uitgestel
- Weermagmoord-saak uitgestel
- Weermagmoord-saak uitgestel
- Weermagmoord: MJ borgtog geweier
- Maggie en medebeskuldigdes in hof
- Weermagmoord-verdagte laat vaar borgtogaansoek
- Weermagmoord: Borgaansoek van MJ uitgestel
- Weermagmoord: Borgtogaansoek uitgestel
- Weermagmoord: Vyfde verdagte vas
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'