Update
OUDTSHOORN NUUS - Masimthembe (MJ) January het vandag sy derde verskyning in die Oudtshoorn-landdroshof gehad.
Landdros Roelf Konstabel het MJ se borgtogaansoek na 17 Mei uitgestel.
MJ is een van die verdagtes in die Preston Titus-moordsaak wat vir ‘n geruime tyd deur die polisie gesoek was. Hy is uiteindelik op 11 April in Port Elizabeth gearresteer.
Daar word beweer dat hy die persoon is wat die beweerde huurmoordenaars, Justice Mooi, wat reeds borgtog geweier is, en Vusumsi, wat nog soek is, aan Magdaleen Titus voorgestel het.
Die Oudtshoorn Courant het in Februarie berig dat MJ by die kantoor opgedaag het om sy storie te deel. Hy sou homself die volgende dag aan die polisie oorhandig.
Lees vorige artikels:
- Weermagmoord: Vyfde verdagte vas
- Weermagmoord: Natasha Stuurman kry borg
- Stuurman doen aansoek om borg
- Weermagmoord: Natasha Stuurman-borgtogaansoek vandag
- Weermagmoord: Borgtog geweier
- Weermagmoord: Geen borg vir Magdaleen Titus
- Opvolg: Magdaleen Titus-borgtogaansoek
- Borgtogaansoek steeds aan die gang
- Weermagmoord: Gerugte oor arrestasie onwaar
- Polisgeld dalk moordmotief
- ANC skors Magdaleen Titus tydelik
- Opvolg: Magdaleen Titus-borgtogaansoek
- Weermagmoord: Borgtogaansoek duur voort
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'