Update
OUDTSHOORN NUUS - Die pastoor wat in Oktober verlede jaar op sewe aanklagte van verkragting en seksuele aanranding by sy huis in Wesbank in hegtenis geneem is, het Woensdag weer in die Oudtshoorn-streekhof verskyn.
Staatsaanklaer adv. Michelle Weyers, het die hof om uitstel gevra omdat daar moontlik nog klagtes bygevoeg kan word.
Landdros Daniël Boks het die saak tot 11 Junie uitgestel en gesê weens die moontlike byvoeging van klagtes kan die hof nog nie 'n verhoordatum bekend maak nie.
Die Oudtshoorn Courant het verlede jaar berig die eerste voorvalle het reeds in 2003 plaasgevind toe die klaagster 13 jaar oud was. Die tweede klaagster se voorvalle het in 2013 en 2015 plaasgevind.
Hy is op 15 Oktober op borgtog van R10 000 vrygelaat.
Ao. Fanie le Roux, die ondersoekbeampte, het tydens die borgtogaansoek getuig dat die eerste klaagster vir twee weke by die pastoor en sy vrou gewoon het en die voorvalle in daardie tyd gebeur het. Volgens Le Roux het die pastoor die klaagster by sy kantoor asook by die kerk verkrag en betas.
Die tweede klaagster, is volgens Le Roux se getuienis, in die pastoor se woning sowel as die kerk verkrag en betas. Volgens Le Roux het die onsedelike aanrandings van die tweede klaagster moontlik al begin toe sy vyf jaar oud was.
Tydens sy arrestasie het die polisie ook op sy persoonlike- en werkrekenaars beslag gelê omdat 'n familielid naakfoto's waarin een van die klaagsters uitgebeeld word, gesien het.
Die man se identiteit is aan die Oudtshoorn Courant bekend, maar mag eers bekend gemaak word nadat hy in die hof gepleit het.
Lees vorige artikels:
- Nog moontlike klagtes in pastoor-saak
- Pastoor weer in hof
- Pastoor weer in hof
- Pastoor weer in hof
- Pastoor weer in hof
- Pastoor en gemeente huil saam
- Pastoor op borgtog vrygelaat
- Pastoor vas vir beweerde verkragting
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'