OUDTSHOORN NUUS - Die jong kunstenaars van Colridge Primêre Skool se gr. 1-, 2- en 3-klasse het vanjaar gewys dat kreatiwiteit geen perke ken nie.
Onder leiding van hul onderwyser, Erica Kennedy, het die leerders weekliks middae aan verskeie kunsprojekte gewerk.
Deur die verskillende kunsaktiwiteite het die kinders geleer om kreatief en onafhanklik te dink, probleme op te los en met selfvertroue te eksperimenteer.
Volgens Kennedy speel kuns 'n belangrike rol in kinders se ontwikkeling.
Dit bevorder onder meer hul fynmotoriese vaardighede, stimuleer hul verbeelding en help hulle om hulself op verskillende maniere uit te druk.
Die hoogtepunt van die jaar was 'n kunsuitstalling tydens die skool se diplomaplegtigheid, waar ouers en ander belangstellendes die leerders se kunswerke kon besigtig.
Elkeen van die jong kunstenaars het ook 'n diploma ontvang as erkenning vir hul deelname aan die kunsprogram.
Die jong kunstenaars (van jongste na oudste):
Brooklyn Visagie (7), Morishlynn Esterhuizen (7), Leandro Newman (7), Aziel Alexander (7), Tashwill Saterdag (7), Kieran Julius (7), Leswin Olivier (7), Charlotte Langdon (8), Elanché Richardson (8), Taylon Saptou (8), Bryleigh Ayford (8), Qirah Cloete (8), Samuella de Villiers (8), Hope Campher (8), Shaylin Murphy (8), Devadian Alexander (9), Jesslin Saterdag (9), Rolin Booysen (9), Maydlin Lottering (9), Weshlin Esterhuizen (9) en Bianca Mutimerfu (10).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’