OUDTSHOORN NUUS - 'n Groep vroue van Oudtshoorn het gedurende vlak 4 van die inperking besluit om die vroegoggend oefentye te benut en die middelmannetjie in Parkweg skoon te maak.
Volgens Lorraine Maritz het sy en haar vriendinne in plaas daarvan om te gaan stap, die middelmannetjie skoongemaak.
"Die mense het so baie moeite daarin gesit om ons dorp mooi te maak en die onkruid het omtrent kniehoogte daar gestaan. Dit is maar net ons manier om dankie te sê vir julle moeite, ons sien raak wat julle doen en ons ondersteun julle daarin."
Maritz sê hulle beplan om dit op 'n gereelde basis te doen.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'