Update
OUDTSHOORN NUUS - Die vier verdagtes wat van moord op die soldaat, Preston Titus, aangekla word, sal van 25 Februarie tot 22 Maart 2019 in die rondgaande hooggeregshof op Oudtshoorn verhoor word.
Die datums is vanoggend tydens die vier se vlugtige verskyning in die Oudtshoorn-landdroshof deur die staatsaanklaer, adv. Michelle Weyers, aan die hof oorgedra.
Titus se weduwee, ANC-raadslid Magdaleen Titus, Natasha Stuurman, Justice Mooi en Masimthembe “MJ” January, word van moord met voorbedagte rade aangekla.
Weyers het die hof meegedeel dat ‘n voorverhoor op 15 November op George sal plaasvind ter voorbereiding van die verhoor volgende jaar.
Preston Titus is die aand van 2 Desember 2017 in sy slaapkamer in die weermagbasis op Oudtshoorn vermoor.
Familielede van die vermoorde Titus wat spesiaal vanaf Worcester gekom het vir vanoggend se hofverrigtinge, sowel as hofgangers wat hulle ondersteun, het hul tevredenheid met die verloop van sake uitgespreek.
So ook Princess Klip, die moeder van Mcebesi Klip, wat ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan en reeds vyftien jaar tronkstraf opgelê is.
“Ons is baie tevrede dat die saak in die hooggeregshof verhoor sal word,” het Titus se suster, Lusinda Wildschut na die hofverrigtinge gesê.
Lees vorige artikels:
- Weermagmoord: Saak uitgestel
- Weermagmoord-saak uitgestel
- Weermagmoord-saak uitgestel
- Weermagmoord: MJ borgtog geweier
- Maggie en medebeskuldigdes in hof
- Weermagmoord-verdagte laat vaar borgtogaansoek
- Weermagmoord: Borgaansoek van MJ uitgestel
- Weermagmoord: Borgtogaansoek uitgestel
- Weermagmoord: Vyfde verdagte vas
- Weermagmoord: Natasha Stuurman kry borg
- Stuurman doen aansoek om borg
- Weermagmoord: Natasha Stuurman-borgtogaansoek vandag
- Weermagmoord: Borgtog geweier
- Weermagmoord: Geen borg vir Magdaleen Titus
- Opvolg: Magdaleen Titus-borgtogaansoek
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'