OUDTSHOORN NUUS - 'n Bekende in sekuriteitskringe, Rudi du Toit (68) is gister, 24 Desember oorlede.
Du Toit was ten tye van sy afsterwe, Alert Patrol-sekuriteitsfirma se operasionele hoof en was ook vir jare KKNK se logistieke bestuurder.
Medelye van oral op sosiale media het getuig van sy sin vir humor, passie en menslikheid.
Oudtshoorn Courant wil graag ons innige meegevoel aan die familie betuig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’