Update
OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Courant het pas verneem dat Fritz Jacobs, die werknemer van Badenhorst Slaghuis, wat sedert gister met ‘n voertuig en ‘n groot bedrag geld van die besigheid verdwyn het in Knysna in hegtenis geneem is.
Die bakkie is ook na bewering terug gevind. Daar is egter nog nie duidelikheid oor of Jacobs se meisie, Tammy Weyers, of die geld saam met hom gevind is nie.
Bennie Byleveld, mede-eienaar van Badenhorst Slaghuis, het vanoggend aan die Oudtshoorn Courant gesê Jacobs het gisteroggend die slaghuis verlaat om ‘n groot bedrag geld by drie banke in te betaal.
Hy het egter nooit by die banke uitgekom nie en is sedertdien met die slaghuis se Hyundai-bakkie vermis.
Jacobs se volle name is Frederick Jacobus Francois.
Lees 'n vorige artikel: Nog geen nuus oor twee vermistes
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'