Update
OUDTSHOORN NUUS - Die verhoor van 'n man van Oudtshoorn, wat daarvan aangekla word dat hy met sy bakkie oor 'n man gery het en daarna van die toneel weggejaag het, is in Oudtshoorn-streekhof tot na die verstryking van die algehele inperking uitgestel.
Johnny Donson (37) staan tereg op aanklag van moord en versuim om hulp aan 'n beseerde te verleen.
Ricardo Fourie (43), alombekend as Carthy, het 'n paar dae na die voorval, op 5 Januarie 2018 in Swawellaan, Bridgton, in die Grootte Schuur-hospitaal aan sy beserings beswyk.
Bevedine Britz, het getuig dat sy en 'n vriend op die hoek van Swawellaan en Springbokweg gestaan het toe Donson met sy bakkie verby hulle gery het. Sy kon daarna sien hoe Donson oor die oorledene ry, agteruit oor hom ry en weer vorentoe oor hom ry.
Die saak dien voor streeklanddros Ntsoki Moni en is tot 7 Mei uitgestel.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'