Update
OUDTSHOORN NUUS - Die verhoor van 'n man wat daarvan aangekla word dat hy met sy voertuig oor 'n man gery en daarna van die toneel weggery het, is Maandag in die streekhof tot Julie uitgestel.
Johnny Donson (37) staan tereg op aanklagte van moord en versuim om hulp aan 'n beseerde te verleen na hy op 5 Januarie 2018 na bewering verskeie kere oor 'n bekende inwoner van Bridgton, Ricardo Fourie, gery het. Donson is verlede jaar op borgtog van R500 vrygelaat.
Die 43-jarige Fourie, alom bekend as Carthy, het 'n paar dae na die voorval in die Grootte Schuur-hospitaal aan sy beserings beswyk.
Donson is aanvanklik aangekla van poging tot moord, maar die klag is na die dood van Fourie omskep in een van moord.
Die staatsaanklaer, Hyron Goulding, het aangedui dat hulle oor verklarings van 12 staatsgetuies beskik, maar almal gaan glo nie getuig nie.
Die verhoor sal op 5 Julie begin.
Lees vorige artikels:
- Klag van moord na tref-en-trap
- Tref-en-trap: Man borgtog toegestaan
- Man wat pa van 5 glo doodry in hof
- Opvolg: Tref-en-trap-slagoffer sterf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'