Update
OUDTSHOORN NUUS - Dag drie van die Preston Titus-moordverhoor het vanoggend in die rondgaande hooggeregshof begin. Die eerste getuie van die dag was die eerste polisiebeampte wat by die toneel opgedaag het.
Volgens ao Quinton May het hy en 'n kollega patrollie werk in Kerkstraat gedoen toe 'n voertuig met twee persone hulle stop en sê dat daar moeilikheid in die weermagkamp was.
Volgens sy getuienis is hulle na die huis van Preston Titus waar hy op Preston se liggaam in sy kamer tussen twee enkelbeddens afgekom het. Volgens hom kon hy nog pepersproei in die kamer ruik.
Hy het ook getuig dat Magdaleen Titus (Maggie) op daardie stadium "histeries" was en inmekaar gesak het waarna hy gesê het dat iemand haar moet dokter toe neem.
Paulton Jacobs, 'n vriend van die Titusse se oudste dogter het ook getuig.
Volgens hom het hy die dogter huis toe geneem na hulle by vriende se huis gekuier het.
Jacobs het getuig dat die dogter aan die deur geklop het en toe daar geen antwoord was nie het sy haar pa gebel waarna hulle skielik haar ma (Maggie) in die huis hoor skree het.
"Ek het by die huis in gegaan omdat ek gedink het dit kan dalk inbrekers of 'n slag wees en dit is toe ek Preston se liggaam sien."
Majoor Fredrick Viljoen, verbonde aan die Suid-Afrikaanse Weermag, het getuig dat hy en 'n kollega kaptein Deon Bouwer, een van die ondersoek beamptes gehelp het om items wat met die moord verband hou op die Mosselbaai-pad te gaan soek.
Volgens hom het hulle by een van die driffies naby die Kandelaarsrivier op twee messe, 'n hamer en bebloede klere afgekom. Hy het kapt. Bouwer gekontak en die polisie het die bewysstukke gaan haal.
Natasha Stuurman en Masithembe January in die beskuldigdebank. Foto's: Liezl van Niekerk
Volgens die staatsaanklaer is Preston se bloed op een van die messe sowel as die hamer gevind.
Elvis Jansen, 'n taxi-bestuurder was die laaste getuie voor middagete. Hy het getuig dat hy 'n man, wat hy in die hof was verdagte een (Justice Mooi) uitgewys het en 'n onbekende Xhoza persoon van Port Elizabeth na Oudtshoorn gebring het.
Die saak sal weer na middagete voortgaan.
Lees vorige artikels hieronder:
- Opvolg: Dag 2 van Weermagmoordverhoor
- Weermagmoord-verhoor: Dag 2
- Opvolg: Weermagmoord-verhoor
- Weermagmoord: Saak begin amptelik
- Weermagmoord: Verdagtes vandag in hof
- Maggie titus se prokureur onttrek
- Voorverhoor in Titus-Moord uitgestel
- Weermagmoord na hooggeregshof
- Hooggeregshofdatums vir soldaat se moordverdagtes
- Weermagmoord: Saak uitgestel
- Weermagmoord-saak uitgestel
- Weermagmoord-saak uitgestel
- Weermagmoord: MJ borgtog geweier
- Maggie en medebeskuldigdes in hof
- Weermagmoord-verdagte laat vaar borgtogaansoek
- Weermagmoord: Borgaansoek van MJ uitgestel
- Weermagmoord: Borgtogaansoek uitgestel
- Weermagmoord: Vyfde verdagte vas
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'