OUDTSHOORN NUUS - Brandbestryders is steeds in die veld buite Oudtshoorn waar die brand wat Sondag uitgebreek het, nou onder beheer is.
Volgens Adel Supra-Vertue, hoof van rampbestuur in Oudtshoorn, is brandbestryders besig met opruiming en om te verseker dat die brand nie weer opslaan nie.
Reën wat laasnag geval het, het bygedra dat die brandgevaar verminder is.
Die bestryding van die brand was 'n gesamentlike operasie van Garden Route-distriksmunisipaliteit, Oudtshoorn-brandweer, Working on Fire en CapeNature.
Vorige artikels:
- Helikopter en vliegtuig onttrek
- Spanne steeds by brand
- Vliegtuig ingespan om brand te bestry
- Brandbestryders op toneel
- Wildfire: Raubenheimer Dam
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'