Update
OUDTSHOORN NUUS - Volgens die Oudtshoorn-munisipaliteit het die vliegtuig en helikopter wat vandag onverpoosd water op die veldbrand in die omgewing van Vergelegen gegooi het, vir die dag afgestaan.
Volgens Ntobeko Mangqwengqwe, kommunikasiebeampte van die munisipaliteit, is die voorpunt van die brand geblus en geen strukture is beskadig nie.
Brandbestryders van Working on Fire en die Garden Route-distriksmunisipaliteit sal op die brandlyne aanbly en Oudtshoorn se brandweer sal brandlyne wat naby infrastruktuur is, monitor.
Chris Macpherson, uitvoerende burgemeester van Oudtshoorn, het brandbestryders en ander personeel wat sedert gister by die bestryding van die brand betrokke was, gelukgewens en bedank vir hulle harde werk. "Welgedaan aan almal wat betrokke was, dit was 'n taai stryd. Sterkte aan al die lede wat vannag die brand gaan monitor," het hy gesê.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'