Update Video
OUDTSHOORN NUUS & VIDEO - Vanmiddag teen 15:00 was brandbestryders van CapeNature, Oudtshoorn, Garden Route-distriksmunisipaliteit en Working on Fire steeds in die berge in die omgewing van Vergelegen sowat 25 km buite Oudtshoorn om die brand wat gister ontstaan het te bestry.
'n Helikopter en vastevlerkvliegtuig van Working on Fire het die brand ook uit die lug bestry.
Terwyl die helikopter ongeveer 800 liter water op 'n slag uit 'n plaasdam skep moet die vliegtuig tussen die brand en die Oudtshoorn-lughawe vlieg om elke keer 3 000 liter water te kry.
Terwyl Oudtshoorn Courant vanmiddag naby die toneel was, het die brand vanaf CapeNature se grond na 'n aangrensende plaas versprei.
Volgens die boer is die brand gekeer voordat dit naby 'n stoor met trekkers kon kom, maar meer as 'n kilometer se heining het in die slag gebly.
Kyk 'n video hieronder.
Die brand het gister naby die Raubenmeimerdam ontstaan, maar van die dam af in 'n suid-oostelike rigting gebrand.
Daar is dus nie gevaar dat die dam se water soos met n vorige brand, besoedel sal word nie.
Die oorsaak van die brand is onbekend en daar word duim vasgehou dat dit sal begin reën en dat dit sal help om die brand te blus. Geen strukture was teen vanmiddag in direkte gevaar nie.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'