Update
OUDTSHOORN NUUS - Borgtog van R3 000 met streng voorwaardes is Maandag in die Oudtshoorn-landdroshof toegestaan aan nog 'n verdagte in die moordsaak van Justin Booysen (30) van Rosebank.
Simphiwe Ndoni, Ephraim Malgas, Lorenzo Malgas en Breyton Bruiners staan tereg op aanklag van moord en aanranding om ernstig te beseer.
Justin Booysen is op Sondag 17 November 2019 in sy huis in Bella Rosa-singel, Rosebank, doodgeskiet.
Die borgtogaansoeke van Ephraim Malgas en Breyton Bruiners is Maandag in 'n volgepakte hof aangehoor.
Streeklanddros Ntombizandile Maseti, wat die week op Oudtshoorn begin werk het, het borgtog aan Bruiners toegestaan nadat die ondersoekbeampte, ao.
Darome Burger, dit nie teengestaan het nie. Sy het bevind dat Bruiners nie 'n vlugrisiko is nie en dit in belang van geregtigheid is dat borgtog wel aan hom toegestaan word. Van sy borgtogvoorwaardes is dat hy elke Maandag en Vrydag by die Bongolethu-polisiestasie moet aanmeld en nie die dorp sonder kennis mag verlaat nie. Hy moet ook nie by verdere misdaad betrokke raak nie en ook nie kontak maak met staatsgetuies nie.
Uitspraak ten opsigte van Ephraim Malgas se aansoek is uitgestel tot 13 Maart.
Borgtog van R5 000 is reeds aan Lorenzo Malgas toegestaan terwyl Ndoni besluit het om nie om borgtog aansoek te doen nie.
Lees vorige artikels:
- Booysen-moordsaak uitgestel
- Kuierplek-moordenaar kry 15 jaar tronkstraf
- Een in Booysen-moordsaak kry borgtog
- Honderde by Justin se begrafnis
- Verdagtes in Justin Booysen-Moordsaak wil nie borg hê
- Borgtogaansoek uitgestel
- Vier verdagtes vas na moord
- Vierde verdagte vas na moord
- Moordsaak vir borgtog uitgestel
- Moordverdagtes Môre voor
- Jong man doodgeskiet
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'