Update
'n Petisie met 2 844 handtekeninge om dringend aandag te gee aan die heropening van die grottepad is Woensdag 20 Junie in Mosselbaai aan die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, oorhandig.
Die petisie is deur Leonie Fourie van Swartberg Country Manor en Pienaar Muller van Wilgewandel Vakansieplaas aan Winde oorhandig.
Hy het ook 'n petisie wat aan minister Tertuis Simmers (Infrastruktuur) gerig is, ontvang en sou dit gister Donderdag, 11 Junie, by die parlement aan Simmers oorhandig.
Verteenwoordigers van die toerismebedryf het Woensdag ook die petisie aan Oudtshoorn-burgemeester, Zoe Tyatya, en onderburgemeester, Veronica Michaels, oorhandig.

Van links: Douglas Eriksen (HUB, Cango Wilflife Ranch) Leoni Fourie (Algemene bestuurder, Swartberg Country Manor) Mziwoxolo Tyatya (burgemeester), Veronica Michaels (onderburgemeester) Pienaar Muller(eienaar van Wilgewandel Vakansieplaas) en
Tammy Moult (hoof van Groter Oudfshoorn- toerisme).
Winde het verduidelik dat die skade aan Wes-Kaapse infrastruktuur reusagtig is, maar dat die herstel van die R328 tussen Oudtshoorn, die Swartberge en Kango-grotte as baie belangrik beskou word.
Oudtshoorn Courant sal volgende week oor die vordering van herstelwerk en reaksies op die petisie berig. Teen vandag Vrydag, 12 Junie, was daar reeds 3 626 handtekeninge op die aanlyn petisie.
Klik hier: Vorige artiekel
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’