OUDTSHOORN NUUS - Grebe’s Kickboxing se Eden-atlete het uitstekend gevaar tydens die Wes-Kaapse Skopbokskampioenskappe wat 10 Oktober by die Sunningdale Sports Complex in Kaapstad plaasgevind het.
Altesaam 18 vegters van die klub het aan die kampioenskappe deelgeneem en gesamentlik 27 medaljes verower, bestaande uit 15 goue, ses silwer- en ses bronsmedaljes.
Hoofafrigter Ranger Grebe sê die standaard van skopboks in die Wes-Kaap verbeter jaarliks en dat vanjaar se kompetisie besonder sterk was.
Hy is trots op die vegters se prestasies, sportmanskap en deursettingsvermoë. Die klub wag nou op die bekendmaking van die Wes-Kaapse span wat aan die volgende Suid-Afrikaanse kampioenskappe sal deelneem.
Die medaljewenners
Die klub se vegters het soos volg presteer:
- Heinrich de Jager: bronsmedalje in die spanafdeling
- Philip Fourie: silwer- en bronsmedalje
- Renier Kruger: silwer- en bronsmedalje
- Lukas van Rooyen: goue en silwermedalje
- Stian Jonker: goue, silwer- en bronsmedaljes, asook ’n medalje in die spanafdeling
- Hailie van Rensburg: goue medalje
- Jonathan Truter: drie goue medaljes en ’n bronsmedalje in die spanafdeling
- Anna Erasmus: goue en bronsmedalje
- Katerine Marais: goue en bronsmedalje
- Lize-Mari Mostert: silwermedalje
- Tristan Beets: twee goue medaljes
- Liam de Wit: twee goue medaljes
- Franco Smit: goue medalje
- Divan van Deventer: goue medalje
- Anando Olivier: twee silwermedaljes
- Audan Olivier: goue medalje
- Megan Thomas: goue medalje
- Dirk-Harold Mostert het ook deel van die span gevorm en as spanleier opgetree.
Eienaar van Grebe’s Kickboxing noem die klub se indrukwekkende medalje-oes is ’n bewys van die atlete se harde werk, toewyding en vasberadenheid.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’