Update
OUDTSHOORN NUUS - Masithembe January (MJ), een van die verdagtes wat vir die moord op Preston Titus in hegtenis geneem is, is Maandag borgtog van R10 000 in die hooggeregshof toegestaan.
MJ is Woensdag 11 April in Port Elizabeth in hegtenis geneem na hy 'n geruime tyd deur die polisie gesoek is. Hy is in Juniemaand borgtog geweier omdat die hof hom as 'n vlugrisiko beskou het en gevoel het dat hy meer van die saak weet as wat hy voorgee.
Sy appèlsaak het Maandag voor regter N Erasmus in die hooggeregshof gedien. Hy is borgtog toegestaan op voorwaarde dat hy nie die Wes- of Oos-Kaap sonder die medewete van die ondersoekbeampte verlaat nie.
Hy mag nie vir 'n paspoort of enige ander reisdokumente aansoek doen nie. Hy is tans in Oos-Londen en moet elke Woensdag tussen 06:00 en 20:00 by die Gonubie-polisiestasie aanmeld.
Daar word beweer dat MJ die persoon is wat die bewMagdaleen Titus, Preston se vrou, voorgestel het. Titus is na bewering die meesterbrein agter die moord. Sy is in Meimaand borgtog van R30 000 toegestaan na dit aanvanklik in Maart geweier is en sy ook teen die uitspraak geappelleer het.
Die Oudtshoorn Courant het in Februarie berig dat MJ by hul kantoor opgedaag het om sy storie te deel. Tydens sy besoek aan die koerant het hy gesê hy is bewus van die beweringe dat hy Mooi en Vusumsi aan Titus voorgestel het, maar hy het dit ontken. Hy het ook erken dat hy en Titus vir ongeveer 'n maand lank in 'n liefdesverhouding was.
MJ verskyn tans saam met Natasha Stuurman, Mooi en Titus en moet weer op 3 Oktober in die hof op Oudtshoorn verskyn.
Lees vorige artikels:
- Weermagmoord-saak uitgestel
- Weermagmoord-saak uitgestel
- Weermagmoord: MJ borgtog geweier
- Maggie en medebeskuldigdes in hof
- Weermagmoord-verdagte laat vaar borgtogaansoek
- Weermagmoord: Borgaansoek van MJ uitgestel
- Weermagmoord: Borgtogaansoek uitgestel
- Weermagmoord: Vyfde verdagte vas
- Weermagmoord: Natasha Stuurman kry borg
- Stuurman doen aansoek om borg
- Weermagmoord: Natasha Stuurman-borgtogaansoek vandag
- Weermagmoord: Borgtog geweier
- Weermagmoord: Geen borg vir Magdaleen Titus
- Opvolg: Magdaleen Titus-borgtogaansoek
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'