OUDTSHOORN NUUS - Die Ubuntu-sekuriteitsmaatskappy het Dinsdagoggend met behulp van lede van die gemeenskap vullis rondom die Klein Karoo Abattoir in Dassieweg opgetel.
Volgens die sekuriteitsmaatskappy se operasionele bestuurder, Eddie Louw, is die Klein Karoo Abbatoir een van hul grootste kliënte en daarom beoog hy en sy span om dié omgewing in die toekoms gereeld netjies te hou.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'