Update
OUDTSHOORN NUUS - Volgens die nuutste inligting wat Oudtshoorn Courant rakende die brande ontvang het, is die tweede brand wat op 30 November naby Rust en Vrede-waterval uitgebreek het by Spitskop onder beheer gebring en is die brandlyne geblus.
Brandweerspanne van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit, 12 lede van Working-on-Fire se span en Oudtshoorn-brandweer is steeds op die toneel om dele wat op die gebrande veld nog smeul te blus.
Volgens die bron word die koel weer en windstilte verwelkom. Die Working-on-Fire-span het deur die nag gewerk omdat die warmkolle dan maklik sigbaar is en so maklik geblus kon word. "Die bemanning is almal baie moeg, maar alles lyk goed."
Vorige berigte:
- Twee vure woed buite ODN
- Wildfire Update: Rus-en-vrede, Oudtshoorn
- Opdatering van die brande
- Oude Muragie-pad gesluit vir brand
- Opvolg: Brand by Raubenheimerdam
- Raubenheimerdam-brand tans onder beheer
- Opdatering van brand by Raubenheimerdam
- Opdatering van brand by Raubenheimerdam
- Sterk wind bemoeilik brand by Raubenheimerdam
- Brand in Schoemanshoek
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'