Update Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Brandbestryders het die brand wat gister ontstaan het teen vanmiddag geblus gekry, maar die brandlyne word steeds gemonitor.
Volgens Aurelia Mle, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit, het die brand wat vanmiddag ontstaan het in vier rigtings versprei.
"Die flank wat in die rigting van Oudtshoorn versprei het is met die hulp van n helikopter geblus. Twee van die ander flanke is ook geblus."
Grondspanne is tans op die vierde flank besig wat ontoeganklik is vir voertuie. Hulle is te voet na die brandlyn toe en het dit onder beheer.
Volgens haar het 'n vars span laatmiddag aangemeld en sal die brandlyne deur die nag monitor totdat nuwe spanne môreoggend aanmeld.
VIDEO: Opdatering van die tweede brand wat verby Rust en Vrede-waterval uitgebreek het
Branbestryders van Oudtshoorn, Tuinroete-distriksmunisipaliteit en Cape Nature se Working-on-Fire is ontplooi.
"Namens elke brandbestryder, hartlike dank aan mense wat water, sap, energiedrankies en eetgoed geskenk het. Dit word opreg waardeer" het Adel Supra-Vertue, Bestuurder: Brand, Redding en Rampbestuur, gesê.
Vorige artikels:
- Oude Muragie-pad gesluit vir brand
- Opvolg: Brand by Raubenheimerdam
- Raubenheimerdam-brand tans onder beheer
- Opdatering van brand by Raubenheimerdam
- Opdatering van brand by Raubenheimerdam
- Sterk wind bemoeilik brand by Raubenheimerdam
- Brand in Schoemanshoek
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'