Update
OUDTSHOORN NUUS - Volgens die brandweer is die brand nog steeds buite beheer. Op die oomblik woed die brand op drie flanke. Die noordelike flank, oostelike en ‘n westelike flank.
Die westelike flank beweeg in die rigting van Kango Bergoord.
Daar is 'n versoek deurgestuur vir ‘n helikopter om die brandlyn onder beheer te bring. Die Oudtshoorn-brandweer, in samewerking met die Tuinroete-distrik se brandweer, is op die toneel en 'n brand aan die oorkant van die dam is gekeer.
Die wind tussen die bergkoppe is problematies, en lei daartoe dat die vuur telkens van rigting verander.
Vorige artikel:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'