Update
OUDTSHOORN NUUS - Volgens 'n persverklaring van Merillia Veldkornet, woordvoerder van Garden Route District Municipality (GRDM), het die suidelike-flank van die brand opgevlam en versprei dit tans buite die beheer van brandbestryders in 'n suidwestelike rigting.
Helikopters is geaktiveer om die kop en verspreidingslyn van die vuur te blus.
Brandbestryders is op die grond besig om teen die brande te veg.
Rolspelers sluit in GRDM-brandweerdienste, Oudtshoorn-munisipaliteit se brandweerdienste en die Working-on-fire-grondspan van Uniondale.
Veldkornet versoek dat alle brandverwante voorvalle by die GRDM se noodsentrum by 044 805 5071 gerapporteer word.
Vorige artikels:
- Raubenheimerdam-brand tans onder beheer
- Opdatering van brand by Raubenheimerdam
- Opdatering van brand by Raubenheimerdam
- Sterk wind bemoeilik brand by Raubenheimerdam
- Brand in Schoemanshoek
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'