Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Die Klein Karoo Vaardigheidskool in Oudtshoorn het Vrydag 23 Februarie hul multi-funksionele klubhuis amptelik in gebruik geneem.
Tydens die opening het die skoolhoof, Gavin Block, aan die leerders gesê, "Dis julle gebou. Julle moet eienaarskap daarvan neem. Ons as onderwysers dra die gebou aan julle op."
Die eens ablusieblok is sedert 2016 stelsematig in 'n behoorlike klubhuis omskep.
Die klubhuis staan bekend as Spekboom.
Volgens Block sal dit aangewend word vir onthale, verhuring, konferensies, en slaapplek vir leerders en sportlui wat die skool se sportgronde gebruik.
Dit is ingerig om 60 mense te akkomodeer met slaapplek.
Block het 'n spesiale woord van dank aan gerig aan Naas Breytenbach en sy span wat die leiding geneem het om die gebou in 'n klubhuis te omskep.
"Elkeen wat betrokke was het 'n nalatingskap gelos. Geniet die gebou met trots."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'