Update
OUDTSHOORN NUUS - Na vele onderhandelings tussen inwoners van Rose Valley, raadslid Jerome Lambaatjeen en die konstruksiemaatskappy wat aan die N12 tussen De Rust en Oudtshoorn werk, is daar besluit om vir minstens nog 30 mense werk te gee.
Inwoners van Rose Valley, die woonbuurt langs die N12, het verlede week die pad versper en oproerig geraak omdat hulle nie werksgeleenthede kry nie.
Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit, het vanmiddag in 'n verklaring gesê dat die konstruksiemaatskappy bereid is om 30 mense op 'n roteringsbasis aan te stel.
Die Oudtshoorn Courant het vanmiddag by die inwoners verneem dat hulle oor twee weke behoort te begin.
Na afloop van die vergadering vanmiddag was daar egter steeds ongelukkigheid onder party van die inwoners omdat daar te min mense op die lys is en omdat daar mense is wat aan die betoging deelgeneem het wat nie op die lys is nie.
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'