Update
OUDTSHOORN NUUS - Die pad tussen De Rust en Oudtshoorn is steeds ongeveer 5km voor Oudtshoorn gesluit as gevolg van betogings.
Motoriste vanaf De Rust en Dyssselsdorp kan ongeveer 7km voor Oudtshoorn, net voor die treinbrug links draai op die Stolsvlaktepad wat naby die stasie uitkom.
Motoriste wat vanaf Oudtshoorn na Dysselsdorp en De Rust wil gaan moet die George-pad neem en dadelik na die treinbrug links draai, by die stasie verby en die eerste pad (Stolsvlakte) links neem.
Lees 'n vorige artikel: Oproerigheid in Rose Valley
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'