NUUTSTE INLIGTING @ 16:15 - Die De Rust-pad is weer oop vir verkeer.
OUDTSHOORN NUUS - Daar is oproerigheid in Rose Valley oor werk op die N12 tussen Oudtshoorn en De Rust wat glo aan die mense belowe is.
Die gemeenskap het vanoggend met 'n persoon wat deur provinsie afgevaardig is gesels, maar hy het aan die mense gesê dat daar slegs vir 5 persone werk is.
Die De Rustpad is gesluit.
Inwoners dreig steeds om buitebande aan die brand te steek.
Lees 'n verwante artikel: Pad versper oor werksgeleenthede
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'