OUDTSHOORN NUUS - Die verhoor van 'n man (28) van Prins Albert, wat daarvan aangekla word dat hy 'n 13-jarige meisie seksueel aangerand het, is in die Oudtshoorn-streekhof vir verdere getuienis tot volgende maand uitgestel.
Marchelle Tala word daarvan aangekla dat hy die meisie die aand van 4 Maart 2017 seksueel aangerand het deur aan haar geslagsdeel en borste te vat. Hy ontken skuld.
Die kind se moeder het getuig dat Tala haar die volgende dag om verskoning gevra en versoek het om die saak te los omdat hy dronk was en net met haar dogter gespeel het.
Die saak dien voor streeklanddros Daniël Boks en die verhoor word op 16 Augustus voortgesit.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'