TUINROETE NUUS - 'n Skenking van 21 600 liter gebottelde water vanaf Dis-Chem in George, is verlede Donderdag by die brandweerstasie op Oudtshoorn afgelaai.
Volgens Gert Jansen, 'n werknemer van Dis-Chem, het 'n klant van Oudtshoorn hom geskakel oor die waterkrisis en Dis-Chem het toe besluit om die water te skenk.
Die bottels water is aan Murray-Wayne Konnie, bestuurder van rampbestuur, en Noluthando Mwati, die onderburgemeester oorhandig.
Volgens Aurelia Oliphant, woordvoerder van die munisipaliteit, sal die water gestoor word totdat dit benodig word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Tuinroete nuus'