OUDTSHOORN NUUS - 'n Bakkie het vanoggend sowat 15 km buite Oudtshoorn gerol nadat dit deur 'n heining gebars het.
Volgens ingligting wat die Oudtshoorn Courant op die toneel bekom het, wou die bestuurder uitswaai vir 'n muishond toe hy beheer oor sy bakkkie verloor het.
Die bestuurder, Jean-Pierre le Kay, was die enigste insittende in die voertuig ten tye van die ongeluk, en was onderweg na Gamka Primêre Skool om vrugte en kos te gaan aflewer.
Le Kay is deur nooddienste op die toneel vir kop- en rugbeserings hospitaal toe geneem.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'