DYSSELSDORP NUUS - Francisco Erasmus (50) van George, wat aan moord met voorbedagte rade op die 60-jarige Abraham Herandien van Bloupunt, Dysselsdorp, skuldig bevind is, is gister, 2 Junie, in die Oudtshoorn-streekhof lewenslange gevangenisstraf opgelê.
Streeklanddros Ntsoki Moni het bevind dat Erasmus beplan het om Herandien in Maart 2023 te vermoor en geen versagtende omstandighede bestaan om ’n ligter vonnis op te lê nie.
Erasmus was op parool uit toe hy vir die moord in hegtenis geneem is.
Die liggaam van Herandien is met veelvuldige steekwonde, op Dinsdag 21 Maart 2023, Menseregtedag, deur verkeersbeamptes in die motor van Erasmus op die De Rust-pad gevind.
Erasmus het aan die verkeersbeamptes gesê dat hy met ’n passasier op pad was na die hospitaal.
Die hof het gehoor dat Erasmus lewenspolisse vir die oorledene en sy eggenote uitgeneem het, en hy die begunstigde was.
Erasmus het sy eie verdediging waargeneem en tot die einde skuld ontken. Adv. Michelle Weyers was die aanklaer.
- Lees meer in Donderdag se Oudtshoorn Courant.
Vorige artikels:
- Vermeende moordenaar verdedig homself
- Borgtog geweier aan vermeende moordenaar
- Herandien-moordsaak vir borgtog uitgestel
- Moordsaak vir borgtog uitgestel
- 12 Steekwonde aan liggaam van oorledene
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’