Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen die vrou wat van moord op die rugbyspeler Boutros May aangekla word, is verlede Donderdag tot groot ontsteltenis van familie en vriende van die oorledene, in die Oudtshoorn-streekhof vir pleit en verhoor tot volgende jaar uitgestel.
Felicia Afrika (24) word daarvan aangekla dat sy in Februarie 2023 vir May in St. Johnstraat naby 'n bekende kuierplek met 'n skerp voorwerp gesteek het. Hy het later in die hospitaal gesterf.
Streeklanddros Ntsoki Moni het die saak vir 'n week se verhoor, van 17 tot 21 Februarie 2025 uitgestel, omdat dit die enigste beskikbare datums is.
Afrika het op 'n vraag van die hof of sy steeds van assessore gebruik wil maak geantwoord dat dit nie nodig sal wees nie. Volgens haar was dit 'n voorstel van haar vorige regsverteenwoordiger wat hom aan die saak onttrek het.
'n Staatsaanklaer van Beaufort-Wes sal namens die staat optree en Afrika se borgtog van R2 000 en borgtogvoorwaardes is tot dan verleng.
Felicia Afrika
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’