OUDTSHOORN RUGBYNUUS - Die SWD o.12 A-span het rede om die bors ver uit te stoot nadat hulle 'n geskiedkundige oorwinning behaal het in die jaarlikse o.12 interprovinsiale rugbytoernooi wat vanaf 20-21 September op Oakdale gehou is.
Spanne van die Westelike en Oostelike Provinsie, sowel as Boland, het aan die toernooi deelgeneem.
SWD se span het vir die eerste keer in 22 jaar met WP klaar gespeel tydens 'n dominerende wedstryd waarin huulle met 21-0 as wenners uit die stryd getree het.
SWD het 17-5 teen Boland verloor en sluit toe die toernooi af met 'n wegholoorwinning van 32-7 oor OP. SWD eindig eerste in die toernooi en het met trots hulle geborgde truie gedra.
"Die SWD Rugbyunie bedank GS Construction, Canterburg Construction en Midas Mosselbaai vir die borg van die span se klere."
SWD se span het vir die eerste keer in 22 jaar met WP klaar gespeel tydens 'n dominerende wedstryd waarin huulle met 21-0 as wenners uit die stryd getree het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshooorn, Klein Karoo nuus'