OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn Akademie Tuimel en Trampolien het sterk presteer tydens die nasionale gimnastiekkampioenskappe wat van 24 tot 27 September in Kaapstad aangebied is.
Die kompetisie het meer as 3 000 gimnaste gelok, en van die land se beste jonges het aan die kampioenskappe deelgeneem.
Hul afrigter, Martina de Koker, is besonder trots op die gimnaste se prestasies. "Die kompetisie was baie groot en sterk, met meer as 3 000 gimnaste. Dit was baie stresvol, maar die kinders het beslis die vrugte van hul harde werk gepluk. Ons groei en word elke dag sterker," sê sy.
Uitslae:
- Ashli Mae Niemand: Vyfde in dubbel-mini
- Daschin Smith: 9de in tuimel
- Grace Jones: 9de in dubbel-mini en 10de in Euro-springmat
- Conlynn Saayman: 10de in dubbel-mini en 10de in tuimel
- Lumé de Koker: 3de in Euro-springmat en sewende in dubbel-mini.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’