Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Suid-Afrika se beste rolbal vir persone met gestremdhede-spelers is in aksie op die Oudtshoorn-rolbalbane.
Hul ding mee in die SA-rolbalkampioenskap vir persone met gestremdhede.
Op Sondag 27 Mei het 37 fisies gestremdes begin meeding en op Woensdag 30 Mei het 47 gesiggestremdes, waarvan sommige totaal blind is, by hulle aangesluit.
Die spelers word vergesel van helpers. Saam met die helpers is hulle meer as 130 persone op die bane.
Die kampioenskap kom Saterdag 2 Junie tot 'n einde.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'