OUDTSHOORN NUUS - Vyf skopboksers verbonde aan Grebe's –skopboksklub het die afgelope naweek aan die WAKO Turkye ope-skopbokstoernooi in Kunda deelgeneem.
Volgens Ranger Grebe, die sensei, was daar 2 386 inskrywings uit 25 lande.
"Ons groep het uitstekend gevaar en kon daar in slaag om sterk mee te ding teen van die beste vegters in Turkye. Die groep maak gereed om aan die SAKA SA's 27 tot 29 April in Pretoria deel te neem."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'