OUDTSHOORN NUUS - Danksy puik reëlings was die Suid-Afrikaanse Junior Prestige-toutrektoernooi, wat by die jaarlikse George-landbouskou aangebied is, 'n groot sukses.
Die meeste van Suid-Afrika se beste skolespanne het deelgeneem en met hul uitstekende tegnieke beïndruk.
Dié Prestige-toernooi het aan spanne 'n laaste kans gegee om vir die opkomende Wêreldkampioenskappe, wat van 19 tot 21 September in Kaapstad aangebied word, voor te berei.
Die laerskole wat deelgeneem het, was Swellendam, Buffeljags en Bontebok en onder die senior klubs en hoërskole was Breërivier-klub, Bellville Leeus. HTS Drostdy, Hoër Landbouskool Oakdale, Van Kervel, die Shalom Akademie en Hoërskool Robertson.
Verskeie leerlingbeamptes het ook die geleentheid gebruik om die nodige blootstelling en ondervinding op te doen.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'