Die Wes-Kaap minister van kultuursake en sport, dr. Ivan Meyer het hierdie toekenning oorhandig tydens die Wes-Kaapse sporttoekenningsfunksie, verlede Vrydagaand.
Die span wat maar eers in 2013 begin het om toutrek te beoefen, het reeds hul merk in die sport gemaak. In hul eerste jaar het die span die Plaat-kompetisie by die Suid-Afrikaanse toutrekkampioenskappe ingepalm deurdat beide die 440 kg en 480 kg-spanne goud behaal het.
Verlede naweek het die span ook hul goeie pre-stasies voortgesit deur die finale van die SWD-toutrekkompetisie by Buffeljagsrivier te haal.
Hierdie naweek neem die span weereens deel aan die SA's, in George.
Die Oudtshoorn Vaardigheidskool se trotse toutrekspan agter van links: Chadley Jafhta, Marius Human, Wesley Baadjies en Marcelino Rooi. Voor van links staan Hannes Botes, Gabriël Matchel, Wentzele Konstabel, Henrico de Villiers, Fazel Ambrose, Willem Britz, Diago Janse en Jolindi Jordan. Foto: Jacques Swart
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'