TUINROETE NUUS - Alhoewel Hoër Landbouskool Oakdale se 560 kg-toutrekspan vanjaar die knie moes buig teen HTS Drostdy, wat die goue medalje gewen het, het Oakdale se toutrekspanne steeds vyf medaljes verower, een goud, twee silwer- en twee bronsmedaljes, tydens die SA kampioenskap in Kimberley verwerf.
Die 440 kg A-span het 'n goue medalje verwerf.
Die res van die spanne se uitslae is: 600 kg A: silwer, 560 kg A: brons, 480 kg B: brons, 400 kg A: silwer en 440 kg A: goud.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'