OUDTSHOORN NUUS - Die N.A. Smit-swembad in Oudtshoorn het die afgelope naweek gewemel tydens die 45ste Freda Barnard-swemgala, waar 520 swemmers altesaam 36 spanne verteenwoordig het.
Die swemmers was almal van die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Noord-Wes en Vrystaat. Daar is 25 rekords verbeter.
Oudtshoorn se plaaslike swemspan, Fish Eagle Aquatics, het hulle weer goed van hul taak gekwyt.
Die vrouespan het 'n eerste plek behaal met 2 146 punte en die manspan 'n tweede plek met 2 035.50 punte.
Fish Eagle Aquatics het weer 'n eerste plek losgeswem met 'n puntetelling van 4 605.5.
Twee van Fish Eagles se swemmers het rekords verbeter. Isabeau Coetzee (14) het die 2011se 200 m-vlinderslagrekord met drie sekondes verbeter in 'n tyd van 02:32.
Sy het verder ses goud (vyf individueel en een in die aflos) losgeswem en twee silwer in die aflos. Sy het ook vyf gala-rekords aangeteken: 200 m-vryslag, 200 m- vlinderslag, 50 m-vlinderslag, 200 m- rugslag, asook die 50 m-rugslag.
Carlo Bezuidenhout (17) het die rekord vir die 100 m-vryslag vir mans met 'n tyd van 53.16 verbeter, die 2008 rekord met 0,3 sekondes verbeter en 'n nuwe rekord in vryswem opgestel met 'n tyd van 23:87.
Fish Eagle Aquatics se individuele uitslae volgens hul aantal punte behaal:
- 1: Ewald Swanepoel (238 punte)
- 5: AJ Fernhold (212 punte)
- 6: Kyle Hahn (211 punte)
- 19: Tiaan Terblanche (160 punte)
- 7: Kayleigh Hahn (185 punte)
- 11: Bastian Vorster (184 punte)
- 8: Zane Grobler (174 punte)
- 15: Miane Cronje (144 punte)
- 15: Elke Coetzee (134 punte)
- 20: Alice Esterhuyse (128 punte)
- 21: Milan Coleman (127 punte)
- 36: Carlo Bezuidenhout (120 punte)
- 26: Zoi Dimatellis (118 punte)
- 33: Stian Terblanche (111 punte)
- 41: Zack Earle (105 punte)
- 42: Joshua Lindoor (104 punte)
- 32: Leane Swanepoel (103 punte)
- 34: Bella Haldane (101 punte)
- 35: Isabeau Coetzee (100 punte)
- 38: Lheane du Plessis (94 punte)
- 42: Edith Lindsay (89 punte)
- 45: Minke Janse van Rensburg (80 punte).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’