OUDTSHOORN NUUS - Die afgelope naweek het die 32ste DCAS/Groter Oudtshoorn/Highgate inter-provinsiale tweekampbyeenkoms plaasgevind. Nie minder as 530 atlete met ouers en ondersteuners van WP, Boland, Vrystaat, Griekwas, OP en Eden, het deelgeneem.
Die De Jager-sportkompleks, asook die NA Smit-swembad in Oudtshoorn was feestelik getooi vir die geleentheid en die waterkwaliteit van die swembad was van die beste die afgelope 15 jaar.
As dit die kwaliteit van aanbieding gaan wees, kan 'n top-SA tweekampkampioenskappe op 21 en 22 Maart in Oudtshoorn verwag word.
Berekeninge dui aan dat rondom R3.5 miljoen die Oudtshoorn ekonomie versterk het.
Eden-tweekamp het die beste vertoning in jare gelewer en nie minder nie as 30 medaljes ingepalm. Daarbenewens is Wanru Haasbroek (seuns o. 13) aangewys as die junior victor ludorum.
Hoërskool Punt het die silwermedalje in die hoërskole afdeling gewen terwyl Laerskool Outeniqua (silwer) en Laerskool George-Suid (brons) in die laerskool afdeling hulle merk gemaak het.
Eden (124 000) het dan ook tweede geëindig in die spankompetisie na Boland (134 000) en WP (117 000) in die derde plek.
Tydens die openingsplegtigheid het Stephnie McKay, Eden-voorsitter en die Oudtshoorn-burgemeester, Johan Allers, almal in Oudtshoorn verwelkom en hulle uitgenooi om gerus Oudtshoorn se puik besienswaardighede te besoek.
Die dag is afgesluit met die galageleentheid op Highgate-volstruisplaas waar meer as 440 ouers en atlete gebraai en gekuier het. Groot dank is ook uitgespreek aan die organiseerders onder die leiding van Dave van der Walt van Eden-tweekamp.
Die medaljewenners was:
- Dogters o. 8 - Ella Coetzee: silwer
- Seuns o. 8 - Liam de Wet: silwer
- Dogters o. 13 - Kayla Douglas: silwer
- Seuns o. 13 - Wanru Haasbroek: goud; Judah Spies, silwer en Benjamin Bond, brons
- Dogters o. 19 - Melissa Kuun: silwer
- Seuns o. 19 - Hanru Kuun: silwer
- Senior Dames - Jo-Mari Smith: goud; Melissa Meyer, brons
- Junior Mans -Sebastiaan Swart, silwer
- Meesters Dames - 40+ Denise Loubser: silwer; Liesel Buitendag, brons
- Meesters Mans - 40+ Jeandre Swanepoel: brons
- Meesters Dames - 60+ Anita Louw: goud; Mandi Wallace: silwer
- Meester Mans 60+ - Louis Botha: goud; Cliff Wallace: silwer
- Meester Mans 70+ - Johan Windt: goud; Mike McDonald: silwer
Spesiale behoefte atlete medaljewenners: Michelle Lombard, Elizabeth Botes, Maja Ehlers, Miena Baardman, Elisma Joubert, Jannie Lourens, Pieter Henning, Francois Coetzee en Danie Botes.
Videos
Besoek die volgende skakels vir videos van die geleentheid:
- Onderhoud met Dave van der Walt en die uitvoerende burgemeester van Oudtshoorn, Johan Allers
- Amptelike opening van die 32e Highgate Interprovinsiale Kampioenskappe
Galerye
- 530 Atlete tree aan vir die 32e Highgate Interprovinsiale-Kampioenskappe in ODN
- Swemmers wys hul staal by die 32 Highgate Interprovinsiale-Kampioenskappe
- Tweekamp atlete ontvang erkenning by Gala-aand
Vorige artikels
- 530 Atlete tree aan vir die 32e Highgate Interprovinsiale-kampioenskappe in ODN
- Highgate-tweekamp vier 32 jaar
- Opwindende tweekamp wink vir 2025
- Besige seisoen le voor vir Eden-tweekamp
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’