OUDTSHOORN NUUS - Die Naguil-pretlope en stap vind weer Saterdag 9 September plaas.
Hierdie jaarlikse 3- en 5 km-pretdraf en stap word deur die Nedbank-atletiekklub, in samewerking met Rainbow Motors (Engen-garage naby die treinstasie) en Naguil Kafee aangebied.
Die inskrywingsfooi beloop R10 per atleet en die wegspringtyd is om 09:00. Die eerste 50 atlete in beide wedlope sal 'n medalje ontvang.
Die eerste drie stappers en drawwers (mans en dames) sal ook 'n kontantbedrag ontvang.
Gelukstrekkings sal ook gedoen word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'