Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Die afgelope Naguil 3 km-pretdraf is deur William Stoffel (Hoërskool Bridgton) gewen.
Die eerste dame in die 3 km-pretdraf, was Jayden Pieterse (Saturnus Primêr).
Tyran Andries (Saturnus Primêr) en Hendrieka Lekay (Nedbank-atletiekklub) was onderskeidelik die mans- en dames-wenners van die 5 km-pretdraf.
Jonk en oud het Saterdagoggend 9 September voor die Engen Garage by Naguil-Kafee saamgedrom om 09:00 weg te spring en te deel in hierdie jaarlikse kleurvolle pretdraf.
Marius De October, organiseerder van die pretdrawwe het Maandag gesê hy is baie tevrede met die opkoms.
"Die aantal atlete het van 2016 se 90 atlete, toegeneem na 130. Die pretdraf kan net groei."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'