OUDTSHOORN NUUS - Verskeie meestersatlete van Oudtshoorn het die afgelope naweek tydens die ASWD Talent ID-SWD Meestersatletiekkampioenskappe in George uitstekende uitslae behaal.
Die kampioenskappe is van 2 tot 3 Oktober by die Rosemoor-atletiekbaan aangebied.
Johann Coetzer (M65+) het met ’n afstand van 4,3 m in die verspring goud gewen, asook silwer met ’n tyd van 14,87 sek. in die 100 m.
Jason Jafta (M65+) het die 5 000 m in 20:55.11 voltooi om goud te wen, terwyl Abraham Hendricks (M55+) met ’n tyd van 21:34.79 goud in die 5 000 m behaal het.
Ernst van Zyl (M60+) het met ’n tyd van 30:36.17 ’n silwer medalje in die 5 000 m-wedloopstap gewen en Frans Kalp (M65) het ’n brons medalje in die 100 m verower.
Amanda Hager (V60) het die vroueatlete se naam hoog gehou deur twee goue medaljes in te palm nadat sy die 1 500 m en 100 m gewen het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’