Update
OUDTSHOORN NUUS - Die borgtogaansoek van Cabiso Klip, die man wat verlede week in verband met stafsersant Preston Titus se moord in hegtenis geneem is, is vandag in 'n stampvol hof voortgesit.
Landdros Roelf Konstabel het die borgtogaansoek na Maandag 18 Desember uitgestel.
Die onluste polisie was binne en buite die hof teenwoordig om toegang tot die hof te beheer. 'n Groot groep gemeenskapslede was, tot hul onsteltenis, egter nie binne die hof toegelaat nie omdat die hof reeds te vol was.
Volgens die hoofstaatsaanklaer, adv. Goodman Joxo, wat die saak vir die staat hanteer, is die klagtes teen Klip sameswering om moord te pleeg sowel as moord.
Volgens Joxo het ondersoekbeamptes selfone na die moord verkry en volgens die rekords was Klip die nag van Titus se dood in die omgewing van die Weermagbasis waar die moord gepleeg is.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
In die middel agter staan Howard Titus, Preston se broer van die Oos-Kaap. Voor Howard staan sy vrou. Hulle het ook vandag die hofverrigtinge bygewoon. Foto's: Liezl van Niekerk
Lees vorige artikels:
- Weermagmoord: Nog een in hegtenis
- Weermagmoord: Optog buite hof
- Verdagte in weermagmoord in hof
- Vermoorde soldaat gehuldig
- 2 in Hegtenis vir moord
- Man en vrou gearresteer in Titus-moord
- ANC-Raadslid tans nie in hegtenis
- Geen arrestasie na moord
- Eggenoot van raadslid sterf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'